• 69
    watchers
  • 931
    plays
  • 152
    collected

Orkney Snork Nie

Season 4 1992
TV-G

  • 1992-07-14T16:00:00Z on SABC 2
  • 25m
  • 5h 25m (13 episodes)
  • South Africa
  • Afrikaans
  • Comedy
The show was based in the mining town of Orkney, near the city of Potchefstroom (and not too far from Johannesburg), and followed the exploits of an Afrikaner family named Van Tonder, a common Afrikaans surname. The head of the household, Hendrik, worked on the mines and his wife, Maggie, was a housewife. They had four children (listed from oldest to youngest): Ouboet, Bennie, Hester and Wimpie. Neels (nicknamed Ouboet, played by Frank Opperman) was a car mechanic. He and his wife, Yolanda (nicknamed Yollie), had a little baby of their own, named Hendrik after his grandfather. Hester (nicknamed Hess) and Wimpie (called Wimps by his girlfriend) were both at school. The character of Bennie was rarely seen as he joined the army in the first season of the series. Wimpie had an on and off relationship with a girl named Sonja, and a best friend named Koert. From time to time other family members, such as grandfathers and grandmothers would stay with the family and cause all sorts of mischief. Later the family also adopted two orphans, a young Afrikaner girl named Riekie and a coloured boy named Neelsie.

13 episodes

Season Premiere

1992-07-14T16:00:00Z

4x01 Romeo Van Tonder

Season Premiere

4x01 Romeo Van Tonder

  • 1992-07-14T16:00:00Z25m

Wimpie word gekies om ‘'Romeo' in ‘'Romeo en Juliet' te speel. Sonja is vies omdat Annatjie Gous die rol van ‘'Juliet' gekry het. Hendrik neem die kinders om te gaan swem en duik skoon uit sy swembroek. Ouboet vertel Hendrik van die groot gemors by die Klerksdorp inry en sy broederlike raad aan Wimpie is om nie te '‘jol' nie – dit veroorsaak net hartseer.

1992-07-21T16:00:00Z

4x02 Jou Sester Hester

4x02 Jou Sester Hester

  • 1992-07-21T16:00:00Z25m

Ouboet en Yollie kry ‘n spoedkaartjie en Oom Hans gaan saam met Ouboet hof toe om die boete te help verminder. Hess kom kuier. Maggie en Hendrik is egter nie ingenome met haar nuwe kêrel nie. Sonja se ma reken Wimpie is te '‘laag' vir haar dogter want sy pa is net ‘n myner.

1992-07-28T16:00:00Z

4x03 Boepens van die Vaal

4x03 Boepens van die Vaal

  • 1992-07-28T16:00:00Z25m

Hendrik en Oom Hans gaan vang vis by die plesieroord. Die brandweer hou hul jaarlikse partytjie daar en Oom Hans en Hendrik word bygesleep. Hendrik word bekroon as Mnr ‘'Boepens van die Vaal'. Ouboet neem aan ‘n ‘'rally' deel met ‘n kar wat soos ‘n vetkoek lyk en verdwaal hopeloos.

1992-08-04T16:00:00Z

4x04 Toekennings en Trofees

4x04 Toekennings en Trofees

  • 1992-08-04T16:00:00Z25m

Dit is tyd vir die Myn se jaarlikse prysuitdeling maar Spike se vrou weier om saam met hom te gaan. Hendrik oortuig vir Spike om vir Liz, die nuwe vakleerling, saam te nooi. Maggie kry vir haar drie nuwe rokke waarvan Hendrik een moet kies maar uiteindelik al drie moet koop. Hendrik wen ‘n trofee en dit is die hoogtepunt van die aand.

1992-08-11T16:00:00Z

4x05 'Die Entrepeneur'

4x05 'Die Entrepeneur'

  • 1992-08-11T16:00:00Z25m

Wimpie wil by Hendrik geld leen vir ‘n nuwe ‘'Ghetto-Blaster'. Ongelukkig groei geld nie op Hendrik se rug nie en moet Wimpie vir hom ‘n werk kry. Maggie is oortuig dat Yolanda weer verwag en neem haar hospitaal toe. Riekie en haar maatjie, Alexis, trek vir Neelsie soos ‘n pop aan en klim ook lustig in Maggie se grimering in. Oom Hans verloor nie net sy waardigheid nie, maar ook al sy klere in ‘n pokerspel met Rusty en die weduwees.

1992-08-18T16:00:00Z

4x06 Handige Hendrik

4x06 Handige Hendrik

  • 1992-08-18T16:00:00Z25m

Hendrikkie word siek van hondekos wat hy inkry en Ouboet en Yollie oorreageer. Wimpie maak vir Sonja en Annatjie Gous verjaardagkaartjies maar hy is nie goed met adresse nie en dinge loop skeef. Wanneer Hendrik self ‘n dakwaaier probeer insit spat die vonke. Boonop prober Spike hom dit nadoen met rampspoedige gevolge. Maggie vergeet haar handsak in die supermark maar kry dit op verrassende wyse terug.

1992-08-25T16:00:00Z

4x07 Koert se Liz

4x07 Koert se Liz

  • 1992-08-25T16:00:00Z25m

Ouboet is besig om vir klein Hendrikkie ‘n '‘go-cart' te bou. Oom Hans se dogter bel hom om vir hom te sê dat hy nou maar kan terug treken almal is baie hartseer om van hom afskeid te neem, veral Riekie. Spike se vrou wil saam met ‘n paar ander in die dorp se hotel gaan '‘belly-dance' en hy klop by Hendrik en Maggie om hulp aan. Wimpie reel intussen vir Koert ‘n afspraak met Liz Koekemoer en die vier van hulle gaan na ‘n maskerbal. Wanneer hulle Maggie se motor wil dokter gaan hulle te ver.

1992-09-01T16:00:00Z

4x08 Die Gerommel van Tromme

4x08 Die Gerommel van Tromme

  • 1992-09-01T16:00:00Z25m

Ouboet gaan na die pandjieswinkel om ‘n skottelgoedwasser te koop maar kom met ‘n stel tromme terug. Spike leen die tromme sodat Yollie eers kan afkoel. Maggie se ma kom onverwags kuier en is ‘n onmisbare ergenis. Wimpie en Sonja is in die sop wanneer hulle antwoordstelle vir ‘n wiskundetoets identies is.

1992-09-08T16:00:00Z

4x09 'Slaap Hoendertjie Slaap'

4x09 'Slaap Hoendertjie Slaap'

  • 1992-09-08T16:00:00Z25m

Wimpie en Koert bou ‘n wekker as skooltaak. Ouboet sien potensiaal in die wekker-idee maar sy weergawe werk soos al sy projekte maar werk. Die hipnotiseur Rex Dexter tree by die klub op en Wimpie en Koert kry ‘n boek oor hipnose in die hande. Met die eerste probeerslag in die motorhuis reageer Hendrik op die hipnose en Bettie se “"Bulldog" sit hom agterna. Neelsie en Sonja kry ook die boek onder oë…..

1992-09-15T16:00:00Z

4x10 Bersie en Bollie

4x10 Bersie en Bollie

  • 1992-09-15T16:00:00Z25m

Wimpie en Ouboet het elk ‘n troetelitem uit hul kinderdae. Wimpie het vir "“Bersie" sy kombers en Ouboet vir “"Bollie" sy vonkprop. Spike wys water aan met ‘n mikstok maar dit het rampspoedige gevolge. Terwyl Maggie se mangels verwyder word help haar ma met die huishouding en die kinders mis ‘n dag se skool. Hendrik skiet Bettie se "“Bulldog" met ‘n albaster. Wanneer die polisie en DBV kom ondersoek instel "“help" Spike vir Hendrik.

1992-09-22T16:00:00Z

4x11 Die Finale Besluit

4x11 Die Finale Besluit

  • 1992-09-22T16:00:00Z25m

Hendrik, Ouma en Ouboet wed skelm op die perde. Hulle vra vir Koert om die kaartjies vir sy pa te gee. Wimpie en Koert voel dis weer tyd om ‘n partytjie by die huis te hou en benader die probleem op ‘n unieke wyse. Ouboet word gekies om vir die '‘mechanics' rugby te speel teen die '‘appies' en hardloop in teen die paal vas. Koert neem sy plek in en word as '‘Mechanic of the Match' gekroon. Tot Ouboet se verdere onsteltenis dans Yollie die aand van die partytjie met Koert. Ouma se perde wen maar daar is ‘n kinkel in die kabel.

4x12 Verdwyn...hier kom die Welsyn

  • 1992-09-29T16:00:00Z25m

Spike kla by Hendrik dat almal oor hom loop en hy besluit om in te skryf vir ‘n kursus in ‘'assertiveness'. Maggie word vreeslik onstel deur ‘n brief vanaf die welsyn wat sê dat hulle die Van Tonders kom besoek. Mev Haasbroek van die welsyn daag dan ook op en natuurlik loop alles verkeerd in die Van Tonder-huishouding. Ouma kom egter tot die redding. Wimpie gee vir Riekie ‘n hangertjie vir haar verjaardag en sy raak dolverlief op hom. Hendrik en Maggie kry voogouerskap oor die twee kinders en Spike kry amper ‘n tuinvurk in sy maag toe hy vir Ouma probeer voorsê.

Season Finale

1992-10-06T16:00:00Z

4x13 Daar's Liefde in die Lug

Season Finale

4x13 Daar's Liefde in die Lug

  • 1992-10-06T16:00:00Z25m

Spike se tweeling besmeer al sy gereedskap met supergom en Hendrik moet hom help om dit af te kry. Ouboet en Yollie moet Johannesburg toe vir sake – hulle wil hulle eie 087 inbelnommer te kry. Dinge loop skeef wanneer Ouboet voor die mikrofoon vries. Koert versprei allerhande stories oor Liz en sy volg hom tot by Wimpie hulle se huis om hom reg te sien. Ouma help vir Maggie om vir die kinders kostuums te maak vir die skoolkonsert. Koert is verlief op Liz en hy en Wimpie maak ‘n plan om haar hart te wen. Hendrik, Spike en Ouboet se snorkery gee hulle probleme.

Loading...