• 26
    watchers
  • 141
    plays
  • 40
    collected
  • 2
    lists

Voetspore

Season 1 2000

  • 2000-07-01T22:00:00Z on SABC 2
  • 50m
  • 10h 50m (13 episodes)
  • South Africa
  • Documentary
Die reisdokumentêre reeks, Voetspore, het die Afrika-kontinent verken op epiese reise gelei deur Johan Badenhorst en sy span sedert 2000. Die span het hul reise na Madagaskar en Indië uitgebrei. In 2019 en 2020 het die span twee ongelooflike reise regoor Suid-Afrika onderneem en in 2021 het hulle die Zambezirivier van sy bron tot by die see gevolg. In 2022 en 2023 het hulsal ook 'n opwindende avontuur deur Suid-Amerika wat oor twee reeks uitgesaai is.

13 episodes

Series Premiere

2000-07-01T22:00:00Z

1x01 Kaokoveld

Series Premiere

1x01 Kaokoveld

  • 2000-07-01T22:00:00Z50m

Die begin van ’n lang reis waartydens ons die tradisionele migrasieroetes van olifante sou volg. Vir eers moes ons gaan soek na die mees ontwykende van hulle almal – die woestynolifante van Damaraland en die Kaokoveld. Van daar neem die reis ons deur die Namib om die mense van Kaokoland, die Himba, te ontmoet

2000-07-08T22:00:00Z

1x02 Etosha

1x02 Etosha

  • 2000-07-08T22:00:00Z50m

Die Etosha was eens die grootste wildtuin in die wêreld. Vandag nog is dit een van die mooiste, met ’n oorvloed van wild. ’n Mens sien die gemsbok en springbok, en natuurlik roofdiere soos leeus, luiperds en jagluiperds. Die ou grotes is natuurlik ook daar.

2000-07-15T22:00:00Z

1x03 Khaudum

1x03 Khaudum

  • 2000-07-15T22:00:00Z50m

Weggesteek in die noordoostelike hoek van Namibië is ’n plek wat een van die laaste wildernisgebiede in Afrika is. Snags loop leeus en hiënas nog deur mens se kamp, en in die winter maak die olifante ’n oorlas van hulleself. Die program word afgesluit met ’n besoek aan die Boesmans van die Kalahari.

2000-07-22T22:00:00Z

1x04 Okavongopypsteel

1x04 Okavongopypsteel

  • 2000-07-22T22:00:00Z50m

Wes van die Okavango Delta is die Kalahari. Hier vind mens die Drotsky Grotte en Tsodilo Hills, beide plekke omvou in misterie. Ten spyte daarvan dat heelwat mense reeds die plekke besoek het, voel ’n besoek aan Tsodilo en Drotsky vir mens of jy dit opnuut ontdek.

2000-07-29T22:00:00Z

1x05 Moremi en Chobe

1x05 Moremi en Chobe

  • 2000-07-29T22:00:00Z50m

Dis die wildtuine van die Delta, en ons betree die gebied nadat hulle heelwat hoër as gewoonlik reënval gehad het. Dit sorg vir ’n interessante 4x4-ondervinding, maar die oorvloed van wild, vernaamlik van olifante, maak die besoek een om te onthou.

2000-08-05T22:00:00Z

1x06 Mosi-oa-Tunya

1x06 Mosi-oa-Tunya

  • 2000-08-05T22:00:00Z50m

Die reis begin met ’n reksprong by een van die natuurlike wonders van die wêreld, gaan verder deur ’n wildtuin met die grootste konsentrasie olifante in Suidelike Afrika, en eindig met die geleentheid om op die rug van die ou grotes te ry.

2000-08-12T22:00:00Z

1x07 Tuli

1x07 Tuli

  • 2000-08-12T22:00:00Z50m

Terug in Botswana is ons eers na die Tuli-blok, ’n strook langs die Limpoporivier waar daar geboer word, maar die wêreld verander vinnig omdat meer en meer mense agterkom dis makliker om saam met die olifante te leef, as om te probeer boer en hulle kom vreet jou aartappels op. Die program het geïndig in Mashatu, een van die privaatwildtuine van die Tuli.

2000-08-19T22:00:00Z

1x08 Limpopovallei

1x08 Limpopovallei

  • 2000-08-19T22:00:00Z50m

Die reis het begin by Mapungubwe, oudste stad in Suid-Afrika. Van daar volg die span die Ivoorroete, al langs die Limpopo af tot by Makuja, en deur tot in die Kruger by Crooks Corner. Dis waar Bvekenya Barnard en ander ivoorjagters berugtheid verwerf het aan die begin van die vorige eeu.

2000-08-26T22:00:00Z

1x09 Venda en Gazankulu

1x09 Venda en Gazankulu

  • 2000-08-26T22:00:00Z50m

Thohoyandou, kop van die olifant, is die hoofstad van die Vha-Venda. In hierdie land van misterie en legende het ons gaan soek na die luislang in die Fundudzimeer, en toe verder gereis, al langs die Kruger se heining tot by Letaba Ranch. Ook hier was die skade van die vloede van 2000 nog duidelik te sien

2000-09-02T22:00:00Z

1x10 Suid-Kruger

1x10 Suid-Kruger

  • 2000-09-02T22:00:00Z50m

Letaba is die spogkamp van die Kruger. Dis ook hier waar mens die Olifantkamer kry met die ivoor van die reuse wat die Kruger beroemd gemaak het. Verder suid het ons gery met die Lebombo 4x4-roete. Ja, mens kan wel in die Kruger in die veld gaan kamp, en dan kry mens dalk nog die kans om Duke, een van die laaste oorlewendes van die Magnificent Seven te sien

2000-09-09T22:00:00Z

1x11 Swaziland

1x11 Swaziland

  • 2000-09-09T22:00:00Z50m

Juweel van Suidelike Afrika! Op die voorstoep van die Gautengers is daar wonderlike parke soos Mlilwane, Mkaya en Hlane. En hier kom mens te voet tot binne tien tree van ’n witrenoster, of jy kan jou moed beproef as ’n olifant jou storm, en jy het ’n drie duim dik boompie om agter te skuil. Die koning van Swaziland is Mswati III, en die koning van bewaring is Ted Reily.

2000-09-16T22:00:00Z

1x12 Suid-Mosambiek

1x12 Suid-Mosambiek

  • 2000-09-16T22:00:00Z50m

LM-prawns in Maputu, ’n ferrie-vaart oor die baai, op soek na enkellopende, skugter olifante in die Maputu Elephant Reserve, tot swem saam met die dolfyne by Ponta do Ouro, die Punt van Goud. Suid-Mosambiek is ’n 4x4-vakansiegangersparadys, en dis net om die draai.

2000-09-23T22:00:00Z

1x13 Maputaland

1x13 Maputaland

  • 2000-09-23T22:00:00Z50m

In Noord-KwaZulu-Natal is daar Kosibaai met sy viskrale, Tembe Olifantpark waar ons ons laaste olifant sou sien, Ndumu met sy oorvloed voëls, en die kuswoud langs die Sibiyameer. By Mabibi kan mens snorkel en vlieghengel, of vir ’n entjie met die strand afry tot by die paar honderd ander 4x4-manne en -meisies. Hier kom die tog op ’n einde. Dit het 91 dae geduur, en 21000km.

Loading...