• 7
    watchers
  • 106
    plays
  • 25
    collected
  • 1
    list

Voetspore

Season 2 2001

  • 2001-06-30T22:00:00Z on SABC 2
  • 50m
  • 10h 50m (13 episodes)
  • South Africa
  • Documentary
Die reisdokumentêre reeks, Voetspore, het die Afrika-kontinent verken op epiese reise gelei deur Johan Badenhorst en sy span sedert 2000. Die span het hul reise na Madagaskar en Indië uitgebrei. In 2019 en 2020 het die span twee ongelooflike reise regoor Suid-Afrika onderneem en in 2021 het hulle die Zambezirivier van sy bron tot by die see gevolg. In 2022 en 2023 het hulsal ook 'n opwindende avontuur deur Suid-Amerika wat oor twee reeks uitgesaai is.

13 episodes

Season Premiere

2001-06-30T22:00:00Z

2x01 Die begin van ’n lang reis

Season Premiere

2x01 Die begin van ’n lang reis

  • 2001-06-30T22:00:00Z50m

’n Toer van vuurtoring tot vuurtoring, skop af by Ponta do Ouro, kry leerrugskilpadjies wat uitbroei by Mabibi, soek vir goud by Cape Vidal, en gaan vang ’n hoop vis by St Lucia. Dis ’n nuwe ervaring vir die Voetsporemanne, want die keer is die reis kuslangs.

2001-07-07T22:00:00Z

2x02 Haai, dis die Natalse kus

2x02 Haai, dis die Natalse kus

  • 2001-07-07T22:00:00Z50m

Die week begin by die soeke na die hart van die Zoeloekoninkryk – daar waar Sjaka ’n man geword het. Van daar loop die reis na die Haairaad in Durban, en eindig met ’n 110 meter abseil in die Oribi Gorge.

2001-07-14T22:00:00Z

2x03 Wilder as die Wildekus

2x03 Wilder as die Wildekus

  • 2001-07-14T22:00:00Z50m

Die Wilde Kus, word ook die marijuanakus genoem. Hier is die Voetsporespan eers by Nkambati, onontdekte juweel in die streek, daarna tussen die backpackers van Koffiebaai, en eindig met ’n pont oor die Kei-rivier.

2x04 Voëlvry suid van die Ciskei

  • 2001-07-21T22:00:00Z50m

Die Sonskynkus tussen Oos Londen en Port Elizabeth bied van die mooiste natuurskoon, rykste voëllewe, enigste sigoreiverbouiing, en ’n vuurtoring soos geen ander op Bird Eiland.

2001-07-28T22:00:00Z

2x05 Die eerste voetspoore

2x05 Die eerste voetspoore

  • 2001-07-28T22:00:00Z50m

Klasiesrivier – vir baie argeoloë die oudste bewys van homo sapiens, sommer hier naby Oesterbaai. Was dit die eerste voetspore op die strand? Om dit te vier, het die span 216 meter van ’n brug gaan afspring, voor hulle gaan meedoen het aan die fees op Oudtshoorn.

2001-08-04T22:00:00Z

2x06 Die Kaapse Draai

2x06 Die Kaapse Draai

  • 2001-08-04T22:00:00Z50m

Van 4x4-roetes in die Klein Karoo, oor die Attekwaspas, met ’n pont by Malgas oor die Breërivier, tot ’n mens gaan draai by die mees suidelike punt van Afrika. Van hier sou die roete voortaan noord loop.

2001-08-11T22:00:00Z

2x07 Die Kaap van storms

2x07 Die Kaap van storms

  • 2001-08-11T22:00:00Z50m

Die meeste vuurtorings in een program, ’n volle 13. Maar hoekom dan nou nie! Dit is die Kaap van Storms, en oor die eeue het hier reeds meer skepe gestrand as gesamentlik aan die res van die Suid-Afrikaanse kus.

2001-08-18T22:00:00Z

2x08 Ek is ’n Weskusklong

2x08 Ek is ’n Weskusklong

  • 2001-08-18T22:00:00Z50m

Bokkoms, rolmops, snoekbraai – dis dié wêreld se kos. En dan is daar ook die geleentheid om by Citrusdal op 10 000 voet uit ’n vliegtuig te spring, en dan vir die malgasse te gaan kuier op Elandsbaai.

Die wyn van die Olifantsriviervallei, die volmaan wat die son jaag by die toring van Groenriviermond, verblyf in diamantduikershutte, die Messelwerkpas, gebou deur prisoniers, en besoek aan die hoofstad van Namakwaland – alles so anders, alles so wonderlik eenders.

’n Reis deur die dorre woestyn word beloon met ’n diamant van meer as agt karaat in Alexanderbaai. Die noordwes-Kaap is die land van juwele.

2x11 Sperrgebiet – hier spook dit!

  • 2001-09-08T22:00:00Z50m

Die spookdorpe van die Namib – Kolmanskop lê langs die pad, maar wat van Pomona, Elizabethbaai, en Bogenfels? Ook plek vir die mees skouspelagtige abseil ooit!

2x12 Om vis te eet by die Meob Hotel

  • 2001-09-15T22:00:00Z50m

Die diep Namib met die grootste duine in die wêreld – dis waardeur mens moet reis om te gaan kuier by die Meob Hotel. Dis elke visserman se droom, en hier vang ons nie net vis nie, ons tel antieke munte en oer skulpe op die strand op.

2001-09-22T22:00:00Z

2x13 Dieper die Namib in…

2x13 Dieper die Namib in…

  • 2001-09-22T22:00:00Z50m

Verby die oopgewaaide grafte van arbeiders wat kom help diamante soek het, verby die spookdorpe waar die koffieketel 50 jaar gelede net so gelaat staan is, deur klein Duitsland, tot by Kaap Kruis, waar Diego Cao vyf honderd jaar gelede ’n kruis kom plant het.

Loading...